Wie is Dantjie

Wie is Dantjie? Dis ek man. Aan die begin is ek gebore as ou Dantjie Drieponder. Ma’ langs my storiepad trap ek mos spore en onder elke spoor kruip daar nog ‘n naam weg.

Ek, ou Dantjie van Plaasstories

Ek, ou Dantjie van Plaasstories.

 

My storiewoorde tap ek klein
in die vaatjie van my hart
daar moet hul lê en gis en vrot
ek toets en toets die mengelpot

Die harlekyn sê eens “tap uit”
ons draai die kraantjie wawyd oop
en uit loop ink soos lekker wyn
stories van toeks vir samesyn

Kin jy glo? Sommerso
getryn en gerym

               

Nou wel, dis net as mens klein woordjies só saamvat dat hulle eendag groot stories word.