Uitsonderlike hanslammers op onse werf

Boet se kleingoed het heel onskuldig, maar onvoorsiens, by die agterdeur uitgepeul, speelwerf toe! Moet mos gaan kyk hoe die hanslammers deur die draad bottel kry. Dit was nou vir jou een skuimerige plesierigheid. Hulle wil dan natuurlik self ook probeer om die lammers te voer. Een handjie knyp nog ’n vetgesnyde stuk plaasbrood vas vir vinnige padkos en die ander help hou die bottel … Dit was totdat die eerste lam eendag daardie plaasbrood-ruik gekry het.

Leave a Reply