Storiestoel

Op Pa se storiestoel wat ek op die vuilgoedhoop loop optel het. Ek het dit afgeskuur dat die rou hout weer kan wys en dit vernis; nie vir die blink nie, maar om bestand te kan wees teen die son voor my voordeur waar dit staan. Die son is fel, maar al die stories tel, want hierdie stories is nie heeltemal ’n verneukspul nie.

Leave a Reply