Plaasstories by Ronnie’s Sex Shop

Ek maak ‘n draai in die Karoo en ontmoet vir Ronnie van Ronnie’s Sex Shop. Ons praat baie stories. Niks uit die slaapkamer uit nie, want ek, Dantjie, praat mos uit my buurt uit. En ok nooit uit my beurt uit nie. Hoogstens uit die vuis uit. Suig allegeval niks uit my duim uit nie. Ronnie hou toe sommer ‘n paar gebundelde stories op sy rak agter daar langs die R62. Dis stories so in sy kraal, oor die berg gevat soos die kraai vlieg – uit Melkhoutkraal. Ek koop ok by Ronnie ‘n knersie van sy eie witblits om vir Boet saam te vat op pad terug. Want dit proe nes daai witblits wat Pa-hulle destyds in die trekkers se tyres gepomp het het om so van plaas na plaas te vervoer lat die polieste niks daarvan moet te wete kom nie. Daarvan kan julle ok in die boek by oom Ronnie lees. Hy’t self dié storie nooit vantevore gehoor nie.

Leave a Reply