Kom gesels saam onder Dantjie se storieboom

Kom gesels saam onder Dantjie se storieboom

TOEGANG: Gratis

Kom ontwerp jou eie Dantjie T-hemp en bestel @R100.

Kom koop Dantjie se 1ste bundel kortverhale “Plaasstories vir ‘ie siel” @R150

TYD: Dinsdag, 14 Mei, 14:30
Logos sentrum se saal,Hebronstraat 3, Oak Glen, Bellville

Kontak Dalene by 082 647 9059 of dalene@plaasstories.co.za

Nou wie de drommel is Dantjie ????

Dantjie praat uit haar buurt uit, maar nie uit haar beurt uit nie: stories vir oud en jonk. Ons vind dat kinders en jongmense van so Graad 5 tot Graad 8 die boek baie geniet. Maar baie volwassenes koop en lees die boek, want Dantjie se stories laat hulle nie binne die mure van een genre prop nie. Die 1ste bundel is gestruktureerd saamgestel uit 47 kortverhale met ‘n bonusstorie uit die 2de bundel aan die einde.

Nou ja … iewers in mens se lewe kom jy dat jy ‘n streep moet trek; somtyds is dit vir ‘n anner ou vir wie jy die streep trek – allerhande soorte strepe, op die sitvlak se strepe, ‘n streep al op ‘n kaart langs vir nog ‘n stofpad se stap, of ‘n streep oor ‘n anner man se senuwees. En party mense se senuwees, soos Ant Lien s’n, is nogal fyn bedraad. Anner strepe is weer vir veiligheid.

Hierdie stories van Dantjie is vir saamlees, saamreis en inklouter. En deur dit alles leer ons dalk bietjie meer oor onsself en wie anner mense ook werklik is. Die Grootmeester het ons mos gemaak om vir allerhande soort van dinge name te gee, en tot vir onse kinders, en tot byname vir anner mense om hulle beter te onthou … nie lelike name nie, maar name soos kalkklippe wat oor die tyd verouder in edelstene … want elke mens is mos sy eie soort myn waar jy waardevolle dinge kan uitmyn.

‘n Drie-enige teenwoordigheid lei Dantjie haar lewe lank – Pa, Ma en Boet.
Later in haar lewe sou die Drie Konings bo in die hemel hierdie rol oorneem om lig in haar donkerte te skyn. Nou ja … Hulle deel ook name uit …

Leave a Reply