Kaalkop die waarheid

Die dag toe pa se hare als uitgeval dat hy soos Kojak op ‘ie TV gelyk het, daai dag het ek besef mens moet als in hier’ie lewe doen om jou hande uit jou hare te hou. Want dis waar die tragedie vandaan gekom het, van Pa se hande af. Gifhande, want hy’t voor dit met gif gewerk. Maar nietemin, daarna kon hy nes Kojak ‘n paar mense kaalkop die waarheid vertel het. Maar dit vat guts ok nog daarby. Kaalkop is nie genoeg nie. En of Pa dit gehad het, was ‘n anner storie. Toe sit hy maar weer sy hoed op. Tot innie kerk. En dis nou ‘n plek waar ek geleer het mens oopkop moet ingaan.

 

One thought on “Kaalkop die waarheid

  1. My slap gelag vir “Twee Kose en een pofkapater”! Veral die deel “G’n draadheining kin hom keer nie. Hy seil so bo-oor altwee, nes daai jong mannetjies met die kort broekies op ‘ie TV …… ” OUENS SKAF DIE BOEK AAN! Welgedaan Dalene!

Leave a Reply