Dantjie laat haar uit oor “Plaasstories”

Dié 1ste stories vat jou tot in die Suid-Kaap op Arrie-se-Kraal en daarvandaan weier … In die skeerhok kry Pa ‘n taamlike ongelukkie met oom Kitta se witblits. Ek gooi ‘n draai in Blombos se duineveld. Hoe dan anders? Die see maak mos branders. Ons vang blaasoppe op Haaibaai by Jongensfontein. Dan word daar ‘n bakkievrag vol plesierigheid op Buffelsdrif afgelaai. Ek vertel van Boet se gelukkie toe hy en Pa gaan windpomp regmaak in die Vrekkloof. Met Dantjie-deeglikheid kol ek ‘n aardbol op Welgevonden agter die Langeberge tussen die bobbejane. Voor Krismis klim ek in L’Agulhas se lighuis met sy duisend kerskrag op. Terug op ‘ie plaaswerf speel ek graag rondom die kallerhok waar ek eenkeer in die beesmis beland nadat ek van die gladde kraalmuur afgeval het, omdat ek nie wou hoor: “Dantjie, bly af van daai nat kraalmuur af!” nie. Maar gelukkig is ek nie daaroor uitgeneuk nie. Dit was weer ‘n anner keer toe ek gesien het: ‘n Gekrap raak naend net ‘n geneuk.

Leave a Reply