Dantjie kuier by Kasselshoop se Kassie

Ek, Dantjie, het vir Kassie van Kasselshoop gaan komplimenteer oor sy wit Gouda kaas. Kassie is ook deesade die eienaar van Oom Boet se Winkel. Ons familie is ou ondersteuners van oom Boet se winkel soos julle in my tweede bundel te lese sal kry. Toe besluit ons om sommer ‘n paar Plaasstorie-boeke ook by Oom Boet se Winkel te sit ingeval julle daar verbykom en lus kry vir lees. Oom Boet se Winkel sit net langs die Stilbaai-pad kort annerkant die Soebattersvlakte afdraai. Kry dan sommer van Kassie se wit Gouda kaas. Dis my gunsteling. En as julle dan nog lus het om nog ‘n wyle te vertoef op Dantjie se roete, kan julle sommer by Kassie oorslaap, want sy gastehuis sit op die begin van die Dantjie-roete net agter oom Boet se Winkel. As julle fyn kyk na die westekant, sal julle Bouwerskloof se Tweelingkoppies in die agtergrond gewaar. Lekker kuier.

Leave a Reply