Dantjie buig en bieg

Ons besluit mens kan my eerste storie-oes só opsom:
Dit gaan oor drie hooftemas nl ruimte (ons sê sommer plek), tyd en identiteit.
Jou plek en my plek. Wa’s die plek?
My tyd en jou tyd. Dis nóú daai tyd. Wat maak ons met die tyd? Ons gee dit mos identiteit.  ‘n Ding kry mos identiteit volgens sy eie kwaliteit.
“Wie se identiteit?” vra Claude. Dantjie buig en bieg: Ek som vir hom my, Dantjie, se identiteit op … Wel, ek kan mos nie vir ‘n anner man praat nie.

BOOMBIEG
Twee oë en twee wange
twee neusgate tussen my twee ronde kante
vele tande onder dit vir kou
twee hande verder af om in toom te hou

Twee klippe langs die pad
een vir dit en die anner vir dat
twee gedagtes stoei in my kop
een van ’n meester en die anner van ’n sot

Klippe! vra jy. Ja, pasop nou! Daar lê altyd op ‘n kol ‘n klip in jou pad. Wat elke man daarmee maak, sê Ma Bert, is sy eie indaba. Ons praat verder hieroor in die storie “‘n Anner wang en ‘n anner oog”.

Leave a Reply