Die windoog

Ek staan voor die kombuisvenster. Dis die windoog waardeur Ma meeste van die tyd die wêreld bespied het. Ek kyk saam en sien toe op die ou end meer as wat sy kon sien. Ek sien mos verby haar tyd. Maar die windoog weet nog meer as ek, want wat weet ek? Ek’s net nog ‘n rooi granaat vas aan my storieboom vir hoeveel seisoene. En ek breek my oop en laat spat bietjie-vir-bietjie van die pittighede .

Musieksterre wat van ver skyn

In “Plaasstories” skryf ek, Dantjie, oor musieksterre wat van ver skyn: John Denver en Neil Diamond. Boet het hulle hier aangebring van oorsee op sy langspeelplate. John Denver se woorde moes bly soos hulle is, maar maar van die diamantsanger se woorde moes ek verander om by my storie te pas.

 

He left a statued pile of tales and pride …

 

 

And the stories were shaped with his dreams

 

topped with beautiful true ordeals and funny schemes

 

and all children who gathered ’round this life-fountain

 

and touched it with their laughter, found it was good …

 

those words became his epitaph

 

for his children

 

 

Kaalkop die waarheid

Die dag toe pa se hare als uitgeval dat hy soos Kojak op ‘ie TV gelyk het, daai dag het ek besef mens moet als in hier’ie lewe doen om jou hande uit jou hare te hou. Want dis waar die tragedie vandaan gekom het, van Pa se hande af. Gifhande, want hy’t voor dit met gif gewerk. Maar nietemin, daarna kon hy nes Kojak ‘n paar mense kaalkop die waarheid vertel het. Maar dit vat guts ok nog daarby. Kaalkop is nie genoeg nie. En of Pa dit gehad het, was ‘n anner storie. Toe sit hy maar weer sy hoed op. Tot innie kerk. En dis nou ‘n plek waar ek geleer het mens oopkop moet ingaan.