Droëvlakte

Droëvlakte se padstal is nou nie ‘n plek wat man moet misry as jy daar verby nie. Dit sit op die pad wat van die N2 af Stilbaai toe loop, op die droë vlakte – nes die naam sê – annerkant verby die Menskoppe, duskant Skerpkoppie. Dis nou as jy tussen al die spoke by Sandhoogte verby kan kom.

Op hierdie vlakte kruip daar baie outydse stories weg. Ek, Dantjie, skryf daarvan in “Plaasstories vir ‘ie siel”, in “Dantjie word wys” … en daar lê nog ‘n ouers stories in die laai en wag om klaargeskryf te kom.Dis nou van die keer wat oom Kerneels Bouwer die brandewynbottels al langs die uitgestrapte paadjie deur die veld van die Vrekklooof begrawe het  – vir ‘n lafenissie – vir as hy later te perd weer daar moes verby.

Op ‘n keer het ons Droëvlakte blou geverf, want dit was nie ‘n tyd om die plek rooi te verf nie.

Pa Job het Dantjie se eerste kitaar, ‘n Jazz-ene, ôk op Droëvlakte gaan koop. Dit was weer by ‘n anner Kerneels – van oom Philip Mollie.Pa het drie R10-note uit sy gatsak gehaal om vir die kitaar te betaal. Daarna was hy platsak.

So, al is dit droog, groei stories geil op hierdie vlakte, want hierdie wêreld is Storiewêreld. Dis stories soos stukkies biltong wat jy in broeksak kan druk vir jou pad vorentoe – om later aan te herkou. O! En moenie vergeet om van die slaghuis se plaaswors ook ‘n stukkie in jou kar te laai nie.

Wacky Wine

Petro

Petro

Petro vat Dantjie die naweek Wacky Wine-fees toe op Robertson. Plaasstories vir ‘ie siel en Farm Tales with a lot of soul sal albei beskikbaar wees. Ons vat sommer nog boeke van Xavier Nagel-agentskap ook saam, als oor kos en wyn – om by die tema te pas. Sien julle daar!

 

 

 

Gert se ontwerp

20140416_095352

Gert se ontwerp

Gert se ontwerp pronk nou met Dantjie se boekgoed in die Collections-gebou van die Mosaic Outdoor Market op Sedgefield..

Dantjie sê ‘dankie’, Gert!

Shareen is Dantjie se kontakpersoon  in die Collections-gebou. Vir navrae oor Dantjie-boekgoed, kontak haar gerus by 073 562 7526 of gesels met Cliff by 082 678 9900.

Dantjie-boekgoed

Shareen

Hulle gesels lang geselse met jou oor Dantjie se stories terwyl hulle jou ‘n lekker boeretrosie in die hand sit met die lekkerste tuisgebakte sjokobruintjie daarby. En as jy nou nie weet wat ‘n sjokobruintjie is nie, het jy nou nog ‘n rede om te gaan inloer. Lekker kuier by Cliff en Shareen.

Gert Woodwacker

Gert Woodwacker en ek, Dantjie, is besig om te werk aan ‘n Dantjie-boekrak vir Cliff se nuwe plek langs die N2 in Sedgefield. Dit moet klaar voor die stadige fees vinnig op ons afkom die naweek. Dit word op Ingels geadverteer as die Slow Festival.

Dis mos een van die temas in my eerste boek: om stadig genoeg te lewe dat man alles inneem en verteer wat jy beleef. So as jy behoefte het aan ‘n goeie lewensverteringstelsel, kom loer in by die Stadige Fees die naweek op Sedgefield.