Ou van Skorrel

In Storie 14 lê Pa Job die rympie oor ou Van Skorrel se betekenis uit. Wie van julle weet wie oorspronklik daardie rympie geskryf het:

Ou van Skorrel is ’ie lelikste ou kêrel
wa’ jy ooit gesien het in ’ie hele wye wêreld.
Hy’t ’n bek wat kin rek
lat jy sy ingewande kin sien deur sy nek
Die arme dierasie moes ’n ongeluk gekry het,
of lat ’n esel of ’n donkie hom op ’ie kakebeen geskop het.
Ja dis waar; die ou man lê nagte sonner slaap.
Dan in ’ie middel van ’ie nag begin ’ie ou dier te lag
lat die mure van ’ie huis so kraak.

“Die eerste groenmielies voor die wêreld se vergaan”

Uit die storie “Die eerste groenmielies voor die wêreld se vergaan”: “Kin ’ie wêreld dan vergaan?” vra ek bang. Watse geneuk is dit? In my Dantjie kop, kom daar ʼn slegte prent op. Ek sien hoe gaan als tot niet: Potberg en sy koeie, die bloekombome langs die pad, die waenhuis, ons huis … nes mielieblare in die snikhitte as dit aaneen aanhou sonder genade en water tussenin. Tot als verdor en gevrek is.
“Kyk, die Grootboek sê vi’ jou lat eendag-is-eendag gaan da’ niks oorbly nie.”
“En wat van ons? Gaan ons nog hie’ wees?” Dantjie is nou so benoud soos om agterstevoor in ʼn misseljatkatgat vas te sit.
“Nee man. Dit kin ons ’ie weet ’ie. Ons hoef ôk ’ie. Da’s g’n norigheid daa’voor ’ie. Al wat ons moet weet is wa’ ons nou staan. Dit leer jy in die Grootboek. En as jy nog groenmielies daa’by het, het man niks om oor te kla nie.”

Hoenderslag

Pa het ons hier mooi geleer: Skaapslag is net ‘n nekslag wat jy vinnig toedien. Dis mos baie erger as net ‘n gatslag. ‘n Wurmskap kry net ‘n gatslag. En dis ‘n goeie gatslag met bobbejaansports daarby. Maar dis ‘n anner storie. Hoenderslag weer, se sports lê juis in die nekslag … Elke slag word ek en Kinnie met hoenderslag geskel en dan geveer, maar sonder om geteer te word. Julle moet maar in Storie 10 Dantjie word wys lees hoe die dinge werk.