Saamtimmer

Woordvrind Claude is kranig aan die saamtimmer aan die teks van “Dantjie word wys”. Dis ‘n elke dag se inskakel op die timmerboks van beide kante: Dantjie aan ‘ie duskant en Claude aan die annerkant. Somtyds is die annerkant Claude se verkeerde kant, want Dantjie maak soms droog na sy sin. Dan verf hy daai sin rooi en Dantjie se gemoed raak blou. Maar dis als vir jou, leser. Om die beste uit Dantjie te haal en in haar stories in te bou. Ons gaan binnekort uittreksels uit die nuwe bundel stories begin oopvlek hier!

Stilte?!

In die stilte word woorde gebore. So laat Dantjie op hierdie koue wintersmôre vir julle almal weet. Haar maatjie van die dorp, Kinnie, speel wel met albasters en resieskarretjies. Maar Dantjie speel met woorde. “Albasters is dood; woorde lewe.”

Dantjie werk op die oomblik kliphard aan “Dantjie word wys” saam met woordvrind Claude Vosloo. Ons hoop om die manuskrip vir Tania te stuur vir die uitlê teen einde Augustus! Hou julle duime vas!

Gert se ontwerp

20140416_095352

Gert se ontwerp

Gert se ontwerp pronk nou met Dantjie se boekgoed in die Collections-gebou van die Mosaic Outdoor Market op Sedgefield..

Dantjie sê ‘dankie’, Gert!

Shareen is Dantjie se kontakpersoon  in die Collections-gebou. Vir navrae oor Dantjie-boekgoed, kontak haar gerus by 073 562 7526 of gesels met Cliff by 082 678 9900.

Dantjie-boekgoed

Shareen

Hulle gesels lang geselse met jou oor Dantjie se stories terwyl hulle jou ‘n lekker boeretrosie in die hand sit met die lekkerste tuisgebakte sjokobruintjie daarby. En as jy nou nie weet wat ‘n sjokobruintjie is nie, het jy nou nog ‘n rede om te gaan inloer. Lekker kuier by Cliff en Shareen.