Krismisklokke

Die klokke klingel al weer dawerend in die winkels. Dantjie skryf hieroor in “Dantjie word wys”:
Daar hang liggies in die hoofstraat
van ‘n dorpie in die Weskaap
die Kersliggies rinkink sonder raad
almal staan dit oopmond en aangaap
allermense wat oor die fees wonder
ry van ver om die liggies te kom kyk
‘n keur glaskunswerk in ‘ie donker
die plastiek van ‘n sprokiesryk
Kersvader wat ritmies hink en pink
draadbokkies wat sy ysterslee trek
Kersboom flink-flikkerend groot, blink
sneeuvlok wat die swart lug pienk vlek
glas-Betlehemster wat knipoog wink
sommer aan ‘n lamppaal vasgewerk
Kersfeesklokke lui sonder om te klink
uitbundig so los van ‘n kerk
Prentstil fabeltaal sonder Kersverhaal
daai woorde moet mos ons sinne omhaal

Geleerdheid

Dis eksamentyd! Dantjie dink terug aan hoe sy Gesondheid leer probeer baasraak op die voorstoep in die sonnetjie. Pa kom kyk of Dantjie goed geleer en of sy haar werk ken. Maar so kom draai hy Dantjie se geleerdheid om met ‘n agterstevoor geleerdheid wat selde mooi broodjies bak. “Maar as die kors uit die staanspoor uit af is, kan jy enige saak sommer maklik deurkyk en opsom.” Want
Net omdat hy kantlangs leef
meen nie die krap gaan nêrens kom nie
net omdat man die teenkant stel
bedoel nie hy’s heeltyd stroom-op ‘ie.

Bedink dit tog om “Dantjie word wys” vir jou gesin se geleerdheid aan te skaf by info@plaasstories.co.za.

Voorraad

“Dantjie word wys” is reeds beskikbaar by die volgende plekke in die Suidkaap: Allegaartjie op Stilbaai, Aloe Motors op Albertinia, La Bella buite Riversdal, Deo Gracia op Sedgefield en ook by Collections net buite Sedgefield. 1 boek het al sy pad Port Elizabeth toe gevind.

Uitlegkunstenaar

Tania, Dantjie se uitlegkunstenaar het vanoggend laat weet: “Ek het gister begin en die teks ge”format” — amper klaar met al die teks. Ek gaan vandag deur van voor af en gaan die klein fieterjasietjies insit waar nodig. Ek behoort laat Maandagmiddag vir jou ‘n PDF te stuur (allerlaatste volgende Woensdag).” Dantjie is die ene senuwees.