Dantjie by Bloemfontein Kunstefees

Japie Roux vat Dantjie se stories saam na die Bloemfontein Kunstefees! Ons sien tans “Plaasstories vir ‘ie siel” sluk goed af as Kontreikuns, maar pas net so goed op die Jeuglektuurrak. As jy naby Bloem se feestelikheid verbyry, moenie Dantjie se stories misloop nie. Soek by die Paradysboeke se stalletjie.

3 thoughts on “Dantjie by Bloemfontein Kunstefees

    • Ek, Dantjie, het lank en diep oor die affêre gedink, want as my stories soos die hemel is, by die Grootmeester, wie wil soontoe gaan? In my stories is rooikatte, Jan Fiskale wat hare uittrek, mense wat siele uittrek, droogtes met mieliestronke vir toiletpapier en pofadders! Okay, ma’ daar’s ôk Cream Floats en watse bederfies, maar die tandarts op ‘ie dorp het al gesê gaskoeldrank en lekkers maak my tanne vrot. Toe gee hy my wrintie roomys na hy my een kiestand getrek het. Pa’t agterna gesê: “Nou wel. Dis dan seker lat nog een kin vrot. Dan het hy mos nog ‘n tand om te trek. Hy moet ôk mos lewe …” Ek het al gehoor van mense wat met anner mense se kallers ploeg. Maar nog nooit dat daar mense is wat van anner se vrot tanne leef nie. Mar as ek langer daaroor gaan wonner, gaan ek nooit jou probleem oor die hemel opgelos kry nie. Ek sal vir jou Pa en Ma se Grootboek moet wys lat jy daarin kin lees hoe dit daar lyk. Myne vertel nie als nie. Dis baie dunner en groter geskryf en van die woorde moes sommer heeltemal weg om plek te maak vir prente. Mar Ma sê wat daarin staan is al wat ek norig het om nou te weet. Mar dit gaan nie vir jou probleem help nie! So ek hoop jy kan al beter lees as ek.

Leave a Reply